Ons is Kletsklas Werkboeke
Kletsklas is 'n toonaangewende verskaffer van Afrikaanse werkboeke vir Laerskole en Hoërskole, wat aan boekwinkels en skole verkoop word.
12
KABV & IEB Werkboeke
Kwaliteit Afrikaans-werkboeke
Kletsklas Afrikaans EAT-werkboeke is 'n báie kragtige wapen om in jou taalarsenaal te hê. My gr. 10- en 11-leerders se gemiddelde het in 6 maande met meer as 20% gestyg nadat ons Kletsklas begin gebruik het. Ek sal dit enige dag vir enige iemand voorstel.
Marieke Buys
Ek gebruik Kletsklas al 15 jaar lank. Dit is ongelooflik verbruikersvriendelik. Die beginsel van eers die reël en dan die inoefening is baie funksioneel. Dit is die kinders se eie werkboek so hulle kan glimpenne gebruik en eie addisionele notas maak. Die tematiese woordeskatlys is n groot hulp met voorbereiding van kreatiewe skryfwerk.
Dis die beste ALLES-IN-EEN Afrikaanse werkboek vir EAT.
Yvette Snyman
★★★★★
★★★★★
Daar is deesdae heelwat Afrikaanse werkboeke te kry. Sommige is uitstekend in een opsig maar daar skort iets op ander vlakke.
Kletsklas is beslis die antwoord op elke Eerste Addisionele Taal onderwyser soeke na die regte boek. Hierdie boeke, wat vanaf graad agt af, reeds die nodige boustene lewer vir ‘n uitmuntende graad 12 boek, is werklik die beste wat ek al mee gewerk het. Vir die ouer hande in die onderwys is hierdie boeke ‘n raakvatter aangesien dit die beste oefeninge vir begripstoetse, advertensies, spotprente asook opsommings en taal het. Die graad 10 en 11 boeke is ‘n uitstekende voorbereiding vir die graad 12 eindeksamen. Verder dek die reeks ook gedigte, asook uitstekende leiding by die kreatiewe skryfstukke. Uitstekende werk is hier gedoen. Wat my egter baie beïndruk het, is die deegslike taaloefeninge, wat soms maar afgeskeep word in ander boeke. Die boeke dek ook mondelinge, leesopdragte en kommunikasie.
Die boek is ‘n alles-in-een-boek vir elke onderwyser, nuut in die onderwys asook vir ons ouer hande. Neem gerus een van die boeke uit die reeks en blaai daardeur. Jy sal gou sien dat jy nie meer fotostate moet maak as aanvulling nie. Hierdie boeke dek alles wat jy in die klas nodig het.
Die skrywer het werklik ‘n uitstekende produk geskep en dek alle IEB voorgeskrewe riglyne.
Ek beveel hierdie reeks vir elke Afrikaans Eerste Addisionele Taal onderwyser aan.
★★★★★
Rufus Muller
